Vrae en Antwoorde

Vrae en Antwoorde sal hier vertoon word wat op die WhatsApp-groep geplaas is. Besoek gereeld om ingelig te bly.

VRA ENIGE VRAE ANONIEM

Vra ‘n Vraag of lig jou mening op die WhatsApp nommer/diens.

Meld Alle Viktimisering Aan op die WhatsApp diens.

klik hier om vrae anoniem te vra
Skandeer om WhatsApp diens in te teken

Agenda Groep

click hier om aan te sluit

Antwoord. Kleinfontein se erfbelasting is, volgens die nuutste 2025 waardasierol, nog onveranderd gelaat. Die totale waarde van al die landbougrond is onveranderd op R20 580 000.00 met ‘n waarde van R24 935.29 per hektaar. Die Tshwane waardasierol is op hulle webtuiste beskikbaar vir besigtiging. Sien asseblief ook die kommentaar deur ‘n kundige onder ons Nuus afdeling vir ‘n professionele mening.  

Antwoord: Ons het verstaan dat al die items in die herwinning sakke eers gesorteer word en daarna aan verskillende ondernemings verkoop word. ie inkomste uit hierdie bronne was altyd aan die Gemeenskapsentrum oorbetaal om Connie de Bruin se dagskool en naskool kinders van etes te voorsien asook vir die behoeftiges kos te voorsien. Ons weet nie waar daardie fondse nou aangewend word nie maar sal navraag doen en terug rapporteer. 

Antwoord: Jy het jou Aandeel Sertifikaat wat R1 000.00 per aandeel reflekteer. Bewaar daardie dokument. Indien die aandeel prys sonder ‘n deeglike verduideliking aan die aandeelhouers gedurende ‘n aandeelhouersvergadering verander is, is daar gronde vir beswaar. Die aandeelblok maatskappy het ook nie die aandeel sertifikate vervang met nuwe sertifikate wat die gewysigde prys aandui nie. Verder het die aandeelblok maatskappy waarskynlik voortgegaan om aandele aan nuwe kopers teen R1 000.00 per aandeel te verkoop. Hierdie is ‘n groot ongerymdheid wat ondersoek moet word. Wat jou belegging op die erf betref het ons as aandeelhouers tans ook ‘n verdere leemte in ons ooreenkoms met KA. Die gebruiksooreenkoms soos dit tans daar uitsien gee nie vir aandeelhouers die reg om ‘n woonhuis op hulle erwe te bou nie. Dit verwys trouens net in twee afsonderlike klousules na die aandeelhouers se woning en wel wanneer KA hulle self kwytskeld van enige vervolging indien daar skade aan die aandeelhouers se woning aangerig word. Wanneer die verkoop van die aandeelhouer se bate vir uitstaande skuld uiteen gesit word is daar geensins melding gemaak van die woning op die aandeelhouer se erf nie. Daar kan jy sien hoe eensydig die ooreenkoms opgestel is. Hier het ons juis ‘n goeie rede om die formalisering van Kleinfontein te ondersteun sodat ons, hierdie tekortkominge in die Akte van Oprigting kan aanspreek ten einde die aandeelhouers se posisie teen hierdie risikos te beskerm. Lees gerus in ons Argief die 3 dokumente “Share Block Scheme Judgment” en die 2 Summaries van eg.vir ‘n hofuitspraak deur ‘n regter  in die verband.

Antwoord: Die pers het vandag ‘n dokument wat vooraf aan hulle gegee is vir plasing more, uitgelek. Ons sal die dokument more laat oggend hier plaas.  

Antwoord: Kyk dadelik op ons Nuus skakel vir beide die Afrikaanse en Engelse Media vrystellings. 

# KRIMINELE ONDERSOEK

Terugvoer vanaf SAPS is dat die kriminele saak in proses is met eerste verklarings wat alreeds ingedien is.

Alle Kleinfonteiners insluitend huurders wat tydens hulle aansoek en of bewoning onder die indruk gebring is dat Kleinfontein wettig is en dus so onder n valse indruk fondse in Kleinfontein belê het word nou versoek om hulle storie op KIV se webtuiste te lê.

1 Gaan na webtuiste (kivgroep.co.za).

2 Klik regs bo op skerm op 3 lyne

3 Gaan na kontak ons

4 Klik op anoniem

5 Vertel ons u storie.

U word verseker dat al die inligting vertroulik hanteer sal word en u kan selfs u storie anoniem plaas.

Bostaande word versoek om ‘n duidelike beeld van valse voorlegging en dus bedrog te bevestig.

KIV Bestuur.

KIV Anoniem 1-4-225   Dubbel click op die skakel vir die skrywe en antwoord. 

Antwoord: 

Antwoord: 

Antwoord: 

This site uses cookies to offer you a better browsing experience. By browsing this website, you agree to our use of cookies.