Wie is die KIV?

KIV se Ontstaan

In Februarie 2020 het ‘n klompie besorgde mense, almal aandeelhouers, op Kleinfontein Afrikaner Kultuurdorp bymekaar gekom en besluit om ‘n Vereniging te stig wat moet omsien na die belange en beleggings van die landgoed en sy inwoners.

Die doelstelling van die KIV is om die individuele en gemeenskaplike belange van nie net die lede van KIV nie maar al die aandeelhouers en huurders van eiendomme in Kleinfontein te bevorder en te beskerm.

KIV Visie

Visie van die KIV is om ‘n vooruitstrewende Kleinfontein te sien wat op ordentlike, eerlike beginsels gegrond is en wat sal groei tot ‘n vooruitstrewende en gesogte Afrikaner landgoed.

KIV Missie

Die KIV missie is ‘Kleinfontein Eerste’. Dat die KIV binne die raamwerk van die akte van oprigting, opreg en wetlik sal handel om Kleinfontein te beskerm en te bevorder en sal toesien dat geen persoonlike belange van enige werknemer, amptenaar of direksielid bo die van die maatskappy of Kleinfontein toegelaat of bevorder sal word nie